|
|













Wurm Boerdery Bronne eBoeke, Artikels en veel meer . . .gratis! Is jy opsoek na inligting oor erdwurm en kompos? Jy is dan by die regte plek! Ons het al ons inligting bymekaar gesit na baie jare se ervaring om te deel met jou, vir kommersiele boerderye en huis gebruik. Nuut - Die Boekwurm Uitgawe 11. Lees meer. |
Goeie Groen Goeters Goodbugs Tuin, Groen Wiki, Plant Seisoen Stap deur ons spesiale virtuele vetplant tuin en bewonder weer 'n slag die wonders van die natuur. Word deel van die 1,000,000 Suid Afrikaners wat saam staan op een dag om organiese groente te plant by hulle huise of kantore. Lees meer. |
Wurm Boerdery Wedervaringe Regte ervaringe deur wurm boere Hoe vinning vermeerder erdwurms? Wat om te doen as jou wurms uit die houers ontsnap? Hoe om 'n klein skaalse wurm boer in die stad te word, deel Dora en ander se stories. Lees meer. |
Wurm Boerdery Projekte Alle soorte Erdwurm Projekte. ''Worms@Work'' projek, Stellenbosch. Care in Action projek, Bloemfontein. MUCPP Gemeenskaps Projek, Bloemfontein, Brandvlei ''Group of Hope'' Projek, Worcester. Lees meer. |
Goodbugs eisenia fetida Tuinmaak Wurms Vermikultuur Vermikompostering Organies Wurm Boerdery Erdwurms |
Wurm in... Erdwurm Boerdey Vermikultuur Gedurende die afgelope paar jaar het meer en meer tuiniers en boere die voordeel van die gebruik van kompos besef om gronde te verbeter. Vrugbare gronde bevat baie humus en mikro-organismes, maar die humus inhoud moet voortdurend aangevul word sodat die mikro-organismes kan floreer. Geen beter manier as om vermi-kompos te bruik nie! Groeiende getalle tuiniers wereldwyd gebruik vermi-kompos suksesvol as 'n uitstekende grond aanvuller. Meer en meer mense in Suid-Afrika verken die wereld van erdwurm boerdery en vermikultuur te danke aan televisie porgramme soos Carte Blanche en Pasella wat vermikultuur uittreksels bekend gestel het tydens hulle programme. Artikels in tuin en landbou tydskrifte het hierdie organiese praktyke verder bekend gemaak deur die bewustheid van erwurms te bevorder, ons klein werkers. Ander mense is geinspireer deur familie en vriende wat die uitsonderlike resultate self beleef het deur vermi-kompos en wurm tee te gebruik in hulle eie tuine. Wurm boerdery het populer geword in baie lande en vir baie verskaf dit die geleentheid for 'n goeie klein besigheid. Wurm boerdery is nie 'n nuwe idee nie, dit het net die moderne mens 'n lang tyd geneem om die proses te waardeer wat elke dag natuurlik in die grond plaasvind. Landboukundige praktyke en veral die organiese kant daarvan, gebruik toenemend vermikomposterings praktyke en word meer en meer toegepas op kommersiele vlak by kwekerye en selfs hotelle soos die Lord Charles Hotel in Somerset Wes in die Wes-Kaap. Vermikompostering is die antwoord vir die individu wat sy deel wil doen om ons planeet te red van globale verwarming en sy koolstof spoor wil verminder deur effektiewe afval bestuur. |
Wurm Boerdery vir Kinders Idees vir skool projekte, maklik en pret. Erdwurm feite vir die kleinspan. Besoek aan die Little Beehive Kleuterskool. Hoe lyk verskillende groente saadjies? Gratis inkleur prente. Plant projek vir die kleintjie. Lees meer. |
Kopiereg 2008-2011 Goodbugs |
Wurm Boerdery eBoek Goodbugs Little Workers eBoek Die eerste erdwurm boek vir Afrika toestande, geskryf deur Charl Pienaar en Dora du Plessis, na baie jare se ondervinding met erdwurm boerdery en kompostering. Hierdie boek bied vele praktiese wenke en stap-vir-stap instruksies met illustrasies oor hoe om suksesvol met erdwurms te boer, in jou eie tuin of op groot skaal. Lees meer. |
Kommersiele Wurm Boerdery Vir boere en kwekerye. Ons spesialiseer daarin om boere te help met allerhande soort boerdery ondernemings, wat in sluit beplanning, op stel, vermeerdering (wurms) en die produksie van erdwurm kompos, vir eie gebruik of om te verkoop.Lees meer oor wurm boerderye. Lees meer. |
Kursusse en Opleiding Geakrediteerde Toegepaste Permakultuur Opleiding Datums: 8 tot 26 Augustus 2011 Tye: 8.30am tot 5pm. Hierdie dinamiese 15 dag kursus word aangebied deur die gebruik van deelnemende opleidings tegnieke. Lees meer. |
Kommersiele Herwinning Herwinnings en nat afval Projekte . Ons spesialiseer daarin om winkelsentrums, restaurante, hotelle, gaste huise, skole, ouetehuise, koshuise ens. te help met die beplanning, op stel, vermeerdering (wurms) en die produksie van erdwurm kompos, deur die benutting van nat afval, vir die gebruik in tuine of om te verkoop. Lees meer. |