|
|










Kleintjie se eie Lappie Groente Baie maklike, goedkoop en aantreklike manier om jong kindertjies te leer om hul eie groente te plant. Geen spitwerk is nodig nie. Slegs 'n klein spasie is nodig vir die groentetuin en daarom ook baie geskik vir klein tuine. |
Little Beehive Kleuterskool (Erdwurmdag) Dan Pienaar, Vrystaat Op 11 Februarie 2010 het ek die voorreg gehad om die kleutertjies by die Little Beehive Kleuterskool in Ladysmithstraat, Dan Pienaar, Bloemfontein, 'n bietjie oor die rooi erdwurmpies te gaan leer. Dit was op versoek van mnr. Zan Jacobs, 'n boer van Bainsvlei. Sy dogtertjie is ook in Little Beehive, waar die hoof van die skool, Karen Bisschau, baie graag meer oor vermikompos wou leer. Aangesien dit nog klein kindertjies is, kon ek dus nie 'n lesing in die ware sin van die woord lewer nie en het dus maar die wurmpies omgestuur sodat die kinders daaraan kon vat. Sommige was baie gretig en het met die wurmpies in hul hande rondgeloop; ander het gegril. Toe ons die wurmplasie in ou motorbande opgestel het, kon hulle self leer hoe om die wurms kos te gee en wat om nie vir die wurms te gee nie. Ek het hulle so bietjie geleer oor "recyling". Hulle was die ene ore! Net een seuntjie het geweet van 'n ekstra "bin" by die huis waarin al die koerante en papiere gegooi word. Dora du Plessis |
Goodbugs rooi wurms Erdwurms For the Little Ones Projects Kindertjies Herwinning |
Erdwurmfeite vir die kleintjies... het jy geweet? Rooiwurms se gunsteling kos is waatlemoen Rooiwurms is goed aangepas by 'n reeks verskillende temperature en voedingsbronne Rooiwurms het nie 'n ruggraat, oë of tande nie Rooiwurms se vel is baie sensitief, veral vir sonlig, soute en olies en hulle haal deur hulle vel asem Rooiwurms se wetenskaplike naam is eisenia fetida Rooiwurms hou die meeste van temperature tussen 10 en 25 grade Celsius |
Kleuters ondersoek die erdwurmpies. |
Stap 1 - Merk af Begin deur 'n klein spasie van ongeveer een vierkante meter af te merk. Bedek die grond met 'n redelike laag kraalmis. Maak dit deeglik nat. Stap 2 - Bedek met koerant Bedek nou die kraalmis met 'n laag koerantpapier of karton - ten minste een hele koerant dik. Maak die papier ook deeglik nat. Stap 3 - Raamwerk Plaas 'n raamwerk van hout bo-op die koerantpapier en vul dit met goeie bogrond wat met 'n redelike hoeveelheid kompos gemeng is. Jy kan ook 'n raam van bakstene maak.Die raam op die foto is in vierkante verdeel wat dit makliker maak om verskillende soorte groente in elke vierkant te plant. Dit is egter nie 'n moet nie; solank dit net 'n buitenste raam het. Stap 4 Die kindertjies kan nou 'n paar boontjie-, radys-, beet- of spinasiesaad (Swiss chard) direk in die komposmengsel saai. As jy saailinge beskikbaar het, wys hulle ook hoe om 'n saailing in die bedding te plant. Hier is 'n voorbeeld: Saai radyse in die een vierkant. Radyse kom vinnig op en kan na ongeveer 30 dae geoes word.Saai daarna sowat vyf boontjiesade in die tweede vierkant, en vyf beet- of spinasiesaad in die derde vierkant. Plant dan 'n tamatiesaailing in die vierde vierkant. Hierdie groente sal redelik vinnig opkom en die kindertjies sal dit geniet om te sien hoe hulle hul eerste twee blaartjies bokant die grond uitstoot. Stap 5 Nou is dit net nodig dat die kindertjies die bedding gereeld natmaak en verder versorg.Vir die ouer of onderwyser is dit heerlik om die kinders se vreugde oor hul eie lappie groente dop te hou. Die meeste kinders is gefassineer om 'n saadjie wat hulle self gesaai het, te sien opkom en tot 'n pragtige plant te sien groei. Bron: Backyard Organic Garden ''Veggie patch for kids.'' |
Hoe lyk die verskillende groente saadjies? Kyk na die verskillende groottes en vorms van groente sade. Kyk na saadjies Metgesel Plante: Plante wat hou van mekaar Plante help mekaar, party om goeie insekte te lok, ander om slegte insekte weg te jaag en ander om kos beskikbaar te stel vir hulle maatjies en ander gee skaduwee of hou hulle maatjies regop. Lees meer Groente Inkleur Bladsye Inkleur bladsye van groente prentjies te kies en te keur om kleintjies ure lank besig te hou. Lees meer Meer oor die Kweek van Groente Vind meer uit oor die volgende: Groente groepe vir wisselbou 4 jaar wisselbou rotasie sisteem 4 jaar wisselbou sisteem vir beddings Saai gids vir somer reenval areas Saai gids vir winter reenval areas lees meer |
Copyright 2008-2011 Goodbugs |